In diens van die tafeldruifgemeenskap in die Hexriver Vallei
  • Hexvallei Tafeldruif Assosiasie

    Die Hexvallei is die grootste tafeldruifproduserende streek in Suid Afrika.

    In 2000 is die HTA gevestig om die belange van produsente, werkers en die uitvoermaatskappye in die mark te verteenwoordig en te beskerm.

  • Ons Klimaat

    Die pragtige Hexvallei se klimaat is uiters geskik vir die verbouing van tafeldruiwe.

    Nat, yskoue winters en droë, warm somers is die optimale klimaat vir die verbouing van tafeldruiwe.

  • Kultivars ...

    Meer as 60 verskillende kultivars en +- 17 Mil 4.5 kg kartonne uitvoerdruiwe word jaarliks in die Hexvallei geproduseer.

    ...

  • Die Bron Van Lewe

    Die Hexvallei beskik oor 'n groot wateropvangsgebied en met die jongste toedeling, Osplaasdam, word versekerde lewering van uitstekende gehalte water verhoog

    Die produsente van die Hexvallei is meesters as dit kom by optimale & effektiewe watergebruik in hul wingerde

Advertensies

Oorsprong van De Doorns se naam

Die Hexvallei het net een dorp, De Doorns, en hy is so vernoem na die Mimosa doringbome wat destyds in die vallei gegroei het. In die vroeë jare het die setlaars met vee geboer.

Rosyne en brandewyn het later gewild geword, veral omdat dit ‘n manier was om hulle produkte in te krimp tot die kleinste moontlike vrag om dit na Wellington toe te vervoer.

Die mimosa bome is lank nie meer in die vallei nie, omdat die brandewyn stokerye baie hout benodig het, en al wat gebly het van die brandewyn tydperk aan die einde van die negentiende eeu is die paar “Brandewyn paleise”, pragtige wonings wat uit daardie voorspoedige tyd dateer.

Jongste Nuus

Opkomende gebeure

There are no upcoming events.

Oorsprong van die Hexvallei se naam

Die naam van ons pragtige Hexvallei kom van ons eie legende “Die Hex van Hexvallei”.

Die legende is gebaseer op ‘n ware verhaal uit die vroeë dae van die vallei se vestiging, en vertel van die beeldskone Eliza Meiring, wat in die noordelike deel van die vallei by haar ouers gewoon het, in ‘n pragtige postal voor Matroosberg, Wes-Kaap se hoogste piek.

Eliza het haar minnaars uitgedaag dat die eerste een wat vir haar ‘n disa bring, die een is wat sy sou kies om mee te trou. Die disa is ‘n skaars en pragtige rooi inheemse orgidee, wat op die hoogste hange van die berge groei, en dit het beteken dat die jong manne die gevaarlike kranse van Matroosberg moes uitklim om na die blom te soek.

Haar gunsteling het toe van ‘n krans afgetuimel en na sy dood geval, en na die tragedie het Eliza ontroosbaar getreur, en later waansinnig geword. Haar familie het haar tot die huis beperk, omdat sy gedurig die berg wou uitklim op soek na haar verlore minnaar.

Op ‘n dag het sy probeer ontsnap uit ‘n soldervenster, maar sy het op haar kop geval en is op slag dood. Uit hierdie triestige verhaal het die legende gegroei, en daar word vertel dat by volmaan kan Eliza se gees teen die hange van Matroosberg gesien word, op soek na haar verlore liefde.

Dit is wel ‘n romantiese storie, maar die ware oorsprong van die naam kom uit ‘n vroeër tyd, waar die regering verwysings aangeteken het na die Hexrivier in 1715 en die naam het sy oorsprong in die vorm van die sameloop van die drie riviere in die suid van die vallei by Sandhills.

Die Hexvallei Tafeldruif Assosiasie (of beter bekend as die HTA) is die liggaam wat die tafeldruifprodusente in die Hexvallei verteenwoordig.

Die Hexvallei is grootste tafeldruifproduserende streek in Suid Afrika en in 2000, is die HTA gevestig om die belange van die produsente in die mark te verteenwoordig en te beskerm.

In die laat 1990’s is die vrugtebedryf in Suid-Afrika gedereguleer en dit het heelwat opskudding in die tafeldruif bedryf veroorsaak. Voor deregulering, het die bedryf ‘n enkel kanaal bemarkingstelsel gehad en Unifruco was die maatskappy wat al Suid-Afrika se sagtevrugte bemark het.

Toe hierdie sisteem beëindig is, het die meeste van die sekondêre funksies en hulpbronne wat aan produsente gebied is weggeval of geprivatiseer geword. Dit sluit in toegang tot landbou voorligtingsbeamptes, die handhawing van ‘n nasionale standaard op vrugte kwaliteit en die kwaliteit van verpakkingsmateriaal, die instandhouding van ‘n omvattende nasionale databasis, voortdurende navorsingsprojekte, ens. Hierdie onsamehangende situasie het ook beteken dat produsente ‘n sterk gekonsolideerde verteenwoordiging in die mark gekort het.

Na ‘n byna katastrofiese tydperk van ongedissiplineerde bemarking, het die HTA ‘n akkreditasie sisteem op die been gebring om dissipline weer in die bedryf te vestig. Uitvoermaatskappye en produsente moet voldoen aan minimum standaarde om deur die HTA geakkrediteer te word. Die HTA werk ook nou saam met die streek se geakkrediteerde uitvoerders om die beste uitbetalings vir die produsente te bewerkstellig. Ons het ook ‘n stempel van akkreditasie logo ontwikkel, en dit word met trots geplaas op elke geakkrediteerde pallet wat uit die vallei verskeep word.

Op ‘n nasionale vlak werk die HTA saam met die produsenteverenigings in Suid-Afrika se ander tafeldruif produksie streke, naamlik ORPA (Oranjerivier Produsente Alliansie), en BTA (Bergrivier Tafeldruif Assosiasie), dier die nasionale liggaam, Suid-Afrikaanse Tafeldruiwe.

Die HTA het binne ‘n kort tyd goeie vordering gemaak namens die produsente van die streek. Die missie van die HTA is om tussen die produsente, uitvoerders en buitelandse invoerders ‘n langtermyn verhouding te ontwikkel wat voorspoedig is vir alle dele van die voorsieningsketting.

Die HTA het ook ‘n sterk maatskaplike fokus. Die “Plaaswerker van die Jaar” kompetisie is in 2002 deur Mev. Elza Jordaan van die Hexvallei Produsente Vereniging begin. Dit is die eerste kompetisie van sy soort binne Suid-Afrikaanse landbou, en is deur georganiseerde Landbou as ‘n model vir landelike ontwikkeling opgeneem. Hierdie kompetisie bied goeie pryse en erkenning aan ‘n groep mense in die tafeldruif bedryf en die Hexvallei se gemeenskap wat tradisioneel maar min erkenning gekry het vir die waardevolle bydrae wat hulle aan die streek lewer. Verlede jaar het die kompetisie uitgebrei om die Noord Boland streek te dek, en die trots en erkenning wat hierdie geleentheid vir die plaaswerkers bied beteken vir hulle baie.

Een van verlede jaar se wenners het dit so gestel: “ Tradisioneel is plaaswerk deur baie van die streek se werkers as minderwaardig beskou is, maar omstandighede op plase het hier binne die laaste tien jaar tot so ‘n mate verbeter dat plaaswerkers deesdae op Saterdagoggende in die dorp met trots kan sê:: “Ons is plaaswerkers!”’ Vanjaar word ‘n nuwe kompetisie geloods, “Trekkerbestuurder van die jaar”

Die HTA se betrokkenheid het ook al ‘n hupstoot gegee aan ‘n slim plaaslike bemagtigingsprojek, Estate Wear, wat vir verskeie plase in die vallei uniforms vervaardig. Tans ondersoek die HTA ook ‘n bemagtigingsprojek, wat veral sal gebruik maak van bestaande hulpbronne wat beskikbaar is vir opleiding en die oordrag van kennis binne die landbousektor. Hierdie projek is tans nog is sy beplanningsfase, maar die dit wys duidelik daarop dat gemeenskap betrokkenheid vir die HTA ‘n prioriteit bly.